Copy
Kraal Uitgewers-nuusbrief - Oktober 2019
Facebook
Email
YouTube
Boeke en produkte uitgekies vir JOU!
R 300
KOOP NOU
R 300
KOOP NOU
R 480
KOOP NOU
NUUTSTE NUUS EN GEBEURE
Wat kom ná die mislukkings van die staat?
Flip Buys en Rizelle Botha van die Solidariteit Beweging Trust tydens die bekendstelling van Buys se boek Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur. Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch, AfriForum
Bedrog, korrupsie, misdaad... Suid-Afrika se oorvloedige probleme klink soos iets uit vergesogte misdaadfiksie. Intussen staan die Afrikaner midde-in dié storm en is uiteraard nie onaangeraak deur die uitdagings van die dag nie; inteendeel, die Afrikaner staan voor ’n ernstige bestaanskrisis.
 
Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, se nuwe boek, Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur, is op 9 Oktober in Pretoria bekendgestel.
LEES MEER
Befaamde Afrikaanse taalkultuurhistorikus se nuutste werk bekendgestel
Proff. Jaap Steyn en Hennie van Coller tydens die bekendstelling van Verset & opbou.
Verset & opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans is die jongste boek uit die pen van Suid-Afrika se bekendste taalkultuurhistorikus, prof. J.C. (Jaap) Steyn. Dit is op Taaldag (14 Augustus) deur Kraal Uitgewers in samewerking met die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein bekendgestel. By dié geleentheid, wat deur sowat sewentig gaste bygewoon is, het prof. Hennie van Coller ’n gesprek oor die boek met prof. Steyn gevoer. 
LEES MEER
Maak 2020 ’n kleurvolle Afrikaanse jaar
Boekliefhebbers is dit eens: Byna enige stukkie papier, strokie en kaartjie is al ingespan om as plekhouer in ’n geliefde boek te dien. ’n Boekmerkkalender met die wyse, ware en treffende woorde van enkele van Afrikaans se grootste skrywers is daarom die ideale geskenk vir boekwurms. Dié kalender met 12 afsonderlike kaartjies is die veeldoelige antwoord – eers dien dit as ’n nuttige kalender en sodra die maand verby is, kan die geperforeerde boekmerk in ’n japtrap afgeskeur en gebruik word. Kleurvolle ontwerpe laat die woorde van beminde skrywers soos M.E.R., Eugène Marais en N.P. van Wyk Louw herleef én voortleef in dié boekmerkkalender van Kraal Uitgewers. Maak seker dat jy 2020 aanpak met hierdie kalender.
KOOP NOU
Groot eer vir Kraal-publikasie
Prof. Irma Eloff (voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns), dr. Jackie Grobler en prof. Fransjohan Pretorius by die bekroningsgeleentheid.
Op 11 September 2019 is die Protea Boekhuisprys tydens die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se glansryke bekroningsplegtigheid aan dr. Jackie Grobler oorhandig. Die prys word elke drie jaar aan die beste gepubliseerde werk in Geskiedenis of Kultuurgeskiedenis in Afrikaans toegeken. Vanjaar is Grobler se boek Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 as wenner aangewys. Dit is die hoogste eer wat ’n publikasie van Kraal Uitgewers nóg te beurt geval het. 
LEES MEER
Kraal op NALN se uitgewersmuur verewig
Ilze en Alana by die muur.
Tydens hulle onlangse besoek aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein, het Kraal Uitgewers se Alana Bailey (uitvoerende hoof) en Ilze Nieuwoudt (publikasiehoof) die besondere voorreg gehad om NALN se uitgewersmuur namens Kraal te teken! Op die muur kan uitgewers, skrywers, kunstenaars en ander bekende boekliefhebbers hulle boodskappe aan NALN neerpen.
LEES MEER
Treinvernielers van die ABO
’n Toneel van die ontsporing van ’n trein by die Kaapmuidenbrug tydens die Anglo-Boereoorlog. (Uit: Treinvernielers)
“Oorlog is ’n opsomming van flaters.” Dié woorde van die destydse Britse eerste minister Winston Churchill is in talle opsigte in die kol. Ironies genoeg is die gebeure wat dié latere staatsman se gevangeneming in die Anglo-Boereoorlog voorafgegaan het, tog alles behalwe flaterryk. Dit was eerder ’n bewys van die Boere se vernuf en ondernemingsgees wat gelei het tot die ontsporing van die trein waarop Churchill – en talle ander – gereis het. Treinvernielers: Boereaanvalle op en vernietiging van treine, stasies en spoorlyne in die ZAR tydens die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 deur Tian Schutte en Peet Coetzee vertel die volle verhaal.
LEES MEER
Die Afrikaner: Van ’n klein begin tot vandag
’n Dokumentêre reeks oor die Afrikaner se komplekse, roemryke en soms bittere geskiedenis sedert die 1650’s tot vandag, soos aangebied deur die vooraanstaande historikus Hermann Giliomee, is nou beskikbaar op die DVD-stel Die Afrikaners. Die volle verhaal van die Afrikaner word in 17 boeiende episodes aangebied met topkenners oor elke era, soos Dan Sleigh, Jan C. Visagie en Lindie Koorts.
 
LEES MEER
Prettige woordbordspel vir die hele gesin
As trane-loop-lag, gesinstyd én ’n kosbare wegbreek van selfoon- en televisieskerms dit is waarna jy smag, is BogWoordKies nét die regte medisyne. Dié prettige woordbordspel kan volgens die skeppers daarvan beskou word as ’n kombinasie van die bekende bordspeletjies Balderdash, Trivial Pursuit en Pictionary, maar met ’n oorsprong wat uit die 17de eeu strek. In dié speletjie gebruik spelers hul beste bluftegnieke, mimiekkuns, sketsvaardighede, algemene kennis én natuurlik ’n goeie dosis gelukskote om die nagenoeg 1 000 vreemde woorde wat in die speletjie gebruik word baas te raak. BogWoordKies is nou beskikbaar by Kraal Uitgewers teen slegs R400.
KOOP NOU
Wolraad, Japie en vele meer
Die spreekwoord sê nie verniet “feit is dikwels vreemder as fiksie” nie. Die Suid-Afrikaanse verlede het dit ook al telkens bewys. Dink maar aan die heldedaad van Wolraad Woltemade en die wyse waarop hy en sy perd vreesloos die donker, woeste see ingejaag het om drenkelinge te red. Of die koppige moed van die jong Japie Greyling wat ten spyte van doodsdreigemente weier om sy pa en sy kommando se bewegings aan die Britte te verklap. In Volkshelde en -heldinne van Suid-Afrika, 1773-1899 word hierdie twee en nog ses ander bekende (en selfs minder bekende) volks- en heldeverhale herontdek. Dié boek (saamgestel deur Gerhard Cilliers) is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R150.
 
KOOP NOU
Die LIG in jou (boeke)lewe
Laat die LIG vir jou aangaan en laat jou hart LIG bokspring, want beurtkrag, donker motorritte en duisternis op die kampterrein sal jou nie weer kan onderkry nie. Maak seker jy pak jou Eurolux-boekliggie in waar die lewe jou ook al mag neem. Verseker hiermee dat jy nie weer op die beste deel van jou volgende naelbyt-aksiebelaaide-moet-aanhou-lees-boek onkant betrap en in die diepste donkerte gelaat word nie. Dié boekliggie is LIG. Dit gee sowat 10 000 ure se LIG. En is boonop lig op die sak. Dit kos slegs R50 by Kraal Uitgewers. Klik hieronder om te bestel en hang die hele Kersboom vol boekliggies!
 
KOOP NOU
BLY IN AANRAKING
Telefoonnommer:  012 880 1953
E-posadres: kraal@kraaluitgewers.co.za
Webblad: www.kraaluitgewers.co.za
Kopiereg ©  2019 Kraal Uitgewers, Alle Regte Voorbehou.

Wil jy enige verstellings maak aan die manier waarop jy hierdie e-pos ontvang?
Jy kan ou voorkeure opdateer of van die nuusbrief uitteken

Kraal Uitgewers - Posbus 11760, Centurion, Pretoria, 0046