In Desember 1880, drie jaar ná die Britse anneksasie van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) in 1877, kom bykans 10 000 Transvaalse burgers op die plaas Paardekraal byeen. Die gewigtige besluit word geneem om die regering van dié Boererepubliek eensydig te herstel. Die Britse owerhede in Pretoria en Londen volhard steeds in hul minagting van die Boere se vryheidstrewe. Wat hierop volg, is drie maande van militêre stryd tussen die grootste koloniale mag van destyds en enkele duisende Boerekrygers. Die verloop en uitkoms is veral vir die Britte ietwat onverwags.
Die Eerste Vryheidsoorlog-dagboek: Die verloop van die oorlog dag vir dag
Die Eerste Vryheidsoorlog is vir talle mense dikwels net sinoniem met een veldslag – Majuba. Tog het dié oorlog, wat in reaksie op die Britse anneksasie van die Zuid-Afrikaansche Republiek in 1877 gevolg het, soveel meer interessante fasette.
Volg die verloop van die oorlog soos wat dit bykans 140 jaar gelede ontvou het deur Kraal Uitgewers se Eerste Vryheidsoorlog-dagboek. Besoek ons Facebook-blad of volg die oorlog op ons webblad – klik hier.
Oorlogsfotografie: Foto’s van die Eerste Vryheidsoorlog
Oorlogsfotografie bied reeds vir nagenoeg 170 jaar lank ’n blik op oorloë wat in elke uithoek van die aarde afgespeel het. Hoewel dié genre nog in sy relatiewe kinderskoene was met die uitbreek van die Eerste Vryheidsoorlog in 1880, is ’n ryke skatkis van foto’s nog beskikbaar.
Benewens foto’s is daar in daardie stadium nog sterk gesteun op die gebruik van illustrasies om gebeure in oorloë uit te beeld.
Eerste Wêreldoorlog-publikasie in Afrikaans verstom
Deur Ilze Nieuwoudt
Die Groot Oorlog (1914-1918), soos wat die Eerste Wêreldoorlog oorspronklik bekend gestaan het, was waarlik in elke opsig enorm. Nie net het dit tot die dood van nagenoeg tien miljoen soldate gelei nie, dit was tot in daardie stadium ook die omvangrykste oorlog waarby sowat 80 miljoen mense van verskeie lande betrek is. Boonop is nagenoeg 9 miljoen mense permanent vermink, 12 miljoen is ernstig gewond en byna 8 miljoen is krygsgevange geneem.
Maak seker dat jou Kersgeskenke betyds in die Kerskouse land en plaas al jou bestellings vroegtydig dié feesseisoen. Alle aanlyn bestellings moet teen 13 Desember 2018 geplaas word. Kliënte kan ook tot op dié dag by die Kraal Uitgewers-boekwinkel in Kloofsig, Centurion kom inloer vir daardie “op-die-nippertjie-inkopies”.
Wil jy voel soos ’n kat wat melk gekry het? Ken jy Afrikaanse spreekwoorde en idiome op die punte van jou vingers? Dan het Kraal Uitgewers die wenresep vir jou! Sit hierdie vakansie terug en ontspan met Kraal Uitgewers se aktiwiteitsboek By wyse van spreke: 100 spreekwoordblokkiesraaisels.
Die volgende stop-bordspeletjie bied nou selfs méér pret
Die volgende stop is ’n gewilde, lag-tot-jy-lê-bordspeletjie vir die hele gesin. Reis Suid-Afrika van hoek tot kant plat met hierdie unieke speletjie waarin jou beste stomstreektegnieke, algemene kennis en blitsverduidelikings van eiesoortige en eg Suid-Afrikaanse plekke, idees en selfs spreekwoorde handig te pas sal kom.