Copy
Kraal Uitgewers-nuusbrief - April 2019
Facebook
Email
YouTube
Boeke en produkte uitgekies vir JOU!
R650
KOOP NOU
R250
KOOP NOU
R250
KOOP NOU
NUUTSTE NUUS EN GEBEURE

Die bondgenote en dwarstrekkers van die Anglo-Boereoorlog
 
Veg of vrede? Voortveg of oorgawe? Bondgenote of dwarstrekkers? Die Anglo-Boereoorlog is bekend as ’n bittere stryd tussen die magtigste koloniale mag van die tyd, Brittanje, aan die een kant en die Boererepublieke van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) en die Oranje-Vrystaat (OVS) aan die ander kant.

Dié oorlog wat in Oktober 1899 uitgebreek het en tot die bittere einde in Mei 1902 geveg is, was egter nie net ’n stryd tussen Boer en Brit nie. Ernstige geskille rakende oorlogvoering het ook onderling tussen die leierskap van die twee Boererepublieke gewoed. 
 
LEES VERDER

Propvol ABO-studiedag op 8 Junie 2019
Ontdek die man agter “Skote Petoors”

 
Die bekende uitroep “Skote Petoors” het generasies lank reeds plek in die volksmond gekry. Tog is die verhaal van die ware Pretorius een wat in die vergetelheid geraak het.

Volgens oorlewering het die 28-jarige Pretorianer Johannes Lodewicus (Lood) Pretorius met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog op 11 Oktober 1899 as hoof van die Derde Battery van die ZAR se staatsartillerie na die Natalse front vertrek. Binne enkele dae is ’n aanval op die Britse kamp by Dundee uitgevoer en Pretorius se vernuftige kanonwerk het waarlik die kol getref – waarna een van die Boere blykbaar uitgeroep het: “Skote Petoors!”
 
LEES VERDER

Historikus vereer met toptoekenning
 
Oorlogsfotografie bied reeds vir nagenoeg 170 jaar lank ’n blik op oorloë wat in elke uithoek van die aarde afgespeel het. Hoewel dié genre nog in sy relatiewe kinderskoene was met die uitbreek van die Eerste Vryheidsoorlog in 1880, is ’n ryke skatkis van foto’s nog beskikbaar.
 
Benewens foto’s is daar in daardie stadium nog sterk gesteun op die gebruik van illustrasies om gebeure in oorloë uit te beeld.
 
LEES VERDER
Verfrissende geskiedenis van vrouetydskrif nou op die rak
 
Die eerste Afrikaanse vrouetydskrif, Die Boerevrou, het in 1919 die lig gesien. Hoewel uiters gewild onder haar lesers is Die Vroutjie, soos wat die blad in die volksmond bekendgestaan het, weens die finansiële druk van die Depressiejare in 1931 gestaak.

Die kultuurhistorikus Jeanette van Rensburg het haar doktorale studie oor dié tydskrif gedoen en bring nou hulde aan Die Boerevrou in dié gedenktydskrif (hier beskikbaar teen R250). 
 
LEES VERDER
Minder bekende gevegte van die Anglo-Boereoorlog onder vergrootglas

Al gehoor van die gevegte by Ouhoutbossie en Windhoek in die Dullstroom-distrik? Of die skermutselings wat in 1901 op Rooikraal plaasgevind het? Wat van die gevangeneming van kommandant Alberts se kommando – waartydens 132 Boere by Lichtenburg krygsgevange geneem is?
 
Dié en verskeie ander minder bekende Transvaalse skermutselings gedurende die Anglo-Boereoorlog is in Tian Schutte se boek Guerrillastryd: Minder bekende skermutselings en gevegte in die Transvaal tydens die guerrillafase van die Anglo-Boereoorlog opgeteken. Schutte se ondersoeke sluit tientalle foto’s, kaarte van militêre bewegings en ongevallelyste in.
 
LEES VERDER
Hoor weer die stem van “Oom Paul” in nuwe boek

Oom Paul. Paul Kruger. Die man wat in sy laaste boodskap benadruk het dat hy onder die Britse vlag gebore is, maar nie daaronder sal sterf nie. Die laaste president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR). Een man, met soveel identiteite.
 
Ontdek die volle omvang van Kruger in Paul Kruger: Speeches and correspondence, 1850-1904 (saamgestel en met annotasies deur Johan Bergh). Die bundel beslaan meer as 1 200 bladsye en bevat talle belangrike én onbekende toesprake en korrespondensie deur dié staatsman. 
 
LEES VERDER

 
WOI: Die lang pad deur die hel
 
Die Groot Oorlog (1914-1918), soos wat die Eerste Wêreldoorlog oorspronklik bekendgestaan het, was waarlik in elke opsig enorm. Nie net het dit tot die dood van nagenoeg 10 miljoen soldate gelei nie, dit was tot in daardie stadium ook die omvangrykste oorlog waarby sowat 80 miljoen mense van verskeie lande betrek is. Boonop is nagenoeg 9 miljoen mense permanent vermink, 12 miljoen is ernstig gewond en byna 8 miljoen is krygsgevange geneem.

Louis Scott se boek oor dié oorlog, Hel toe en terug: Die Eerste Wêreldoorlog, ’n honderd jaar later, stel op ’n toeganklike manier en binne die beste van minder as 170 bladsye ondersoek in na dié oorlog – boonop in Afrikaans. Die boek is ingedeel in agt afdelings, elk toegelig met uitsonderlike foto’s en toepaslike kaarte. Een afdeling word in die besonder gewy aan Suid-Afrika se deelname aan die oorlog. 
 
LEES VERDER
BLY IN AANRAKING
Telefoonnommer:  012 880 1953
E-posadres: kraal@kraaluitgewers.co.za
Webblad: www.kraaluitgewers.co.za
Kopiereg ©  2019 Kraal Uitgewers, Alle Regte Voorbehou.

Wil jy enige verstellings maak aan die manier waarop jy hierdie e-pos ontvang?
Jy kan ou voorkeure opdateer of van die nuusbrief uitteken

Kraal Uitgewers - Posbus 11760, Centurion, Pretoria, 0046