Copy
Kraal Uitgewers-nuusbrief - Julie 2018
Facebook
Email
YouTube
Boeke en produkte uitgekies vir JOU!
Price: R300
BUY NOW
Price: R700
BUY NOW
Prys: R200
KOOP NOU
NUUTSTE NUUS EN GEBEURE
Trailer - Kill the Boer
A must read: Kill the Boer: Government complicity in South Africa’s brutal farm murders

By Ilze Nieuwoudt

The long-awaited book about the brutal reality of farm attacks in South Africa by AfriForum deputy CEO Ernst Roets is said to rewrite what we think about this awful crime. The official launch of Kill the Boer: Government complicity in South Africa’s brutal farm murders took place in Pretoria on 30 June.
 
READ MORE
Kraal Uitgewers-skenking vind tuiste in Nederland

Deur Alana Bailey

In Junie vanjaar is Kraal Uitgewers se mees onlangse publikasies, Vat jou goed en bou (Flip Buys en Dirk Hermann); Kultuurvryheid en selfbestuur (redakteur Heinrich Matthee); Vers en kapittel (Daniel Hugo) en Wes-Transvaal (Pieter de Jager) aan die biblioteek van Zuid-Afrikahuis in Amsterdam, Nederland, geskenk. Dit is deur Corine de Maijer, die bibliotekaris van hierdie merkwaardige instelling, in ontvangs geneem.
 
LEES VERDER
Vers & Kapittel prikkel ’n mens om die wonder van die digkuns te herontdek

Deur Karin Heydenrych

Vers & Kapittel: Artikels, rubrieke en naskrifte oor die digkuns deur Daniel Hugo het vroeër vanjaar by Kraal Uitgewers verskyn. Dit is op 17 Mei 2018 by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bekend gestel. Die bundel bevat hoogtepunte uit die werk van Hugo as literêre kritikus.
 
LEES VERDER
Prof. André Wessels (gespreksleier) tydens die bekendstelling van Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 saam met prof. Andries Raath (reeksredakteur van die Erwe van ons vaad’re-reeks) en die skrywer, Pieter de Jager.

Die laaste boek in Kraal se Erwe-reeks bekendgestel

Deur Ilze Nieuwoudt

Die historikus en skrywer Pieter de Jager se lewenslange studie oor die Anglo-Boereoorlog in die Wes-Transvaal is op 23 Junie amptelik by die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein bekendgestel. De Jager is ’n afgetrede boer en oudinwoner van Ottosdal in Noordwes. Klik hier om na die volledige klankopname van die bekendstelling te luister.
 
LEES VERDER
Bekroonde skrywer vier 80ste verjaardag

Deur Ilze Nieuwoudt

“Al wat myne is / is my sinne; / in sinne is alle woorde / mýne / waar ek my in kan verdiep / verborge gange oopgrawe”*

Die gevierde skrywer, digter en taalwetenskaplike Jacob Cornelius Steyn – beter bekend as Jaap, of J.C. Steyn – se woorde uit die gedig “Woord en sin” van 1975 spreek ’n waarheid (en genadiglik ook ’n leuen). Die woorde van dié digter wás dalk eens net sy eie, maar dieselfdewoorde het oor die afgelope dekades ook in besit van die Afrikaanse letterkundeskatkis beland waarin liefhebbers van sy woordkuns hulself weer en weer kan verdiep.
 
LEES VERDER
New book by retired major-general Roland de Vries

Mobile warfare for Africa: On the successful conduct of wars in Africa and beyond – Lessons learned from the South African Border War (R700, available at Kraal Uitgewers)

Mobile warfare for Africa by Roland de Vries, Camille Burger and Willem Steenkamp presents a remarkable amount of experience that draws from primarily the South African Border War and offers a yardstick for the enhancement of contemporary combat practices.
 
LEES VERDER
Herdenkingsrit 2018: 9 ruiters, meer as 200 km en een taai Vrystaatse winter

Deur Ilze Nieuwoudt

’n Voorliefde vir Afrikanergeskiedenis gemeng met ’n sterk dosis passie vir hul getroue perde – dit som min of meer die ruiters van Herdenkingsritte en die rede vir die aanpak van nog ’n uitmergelende rit in die middel van die Vrystaatse winter op. Herdenkingsritte is ’n inisiatief wat in 2012 deur sameroeper en ruiter Theunis van Staden tot stand gekom het. Sedertdien het Van Staden en verskeie ander ruiters reeds nagenoeg 1 700 km afgelê en sowat 30 geskiedkundige terreine langs die pad besoek.
 
LEES VERDER
BLY IN AANRAKING
Telefoonnommer:  012 880 1953
E-posadres: kraal@kraaluitgewers.co.za
Webblad: www.kraaluitgewers.co.za
Kopiereg ©  2018 Kraal Uitgewers, Alle Regte Voorbehou.

Wil jy enige verstellings maak aan die manier waarop jy hierdie e-pos ontvang?
Jy kan ou voorkeure opdateer of van die nuusbrief uitteken

Kraal Uitgewers - Posbus 11760, Centurion, Pretoria, 0046