Copy
Facebook
Email
YouTube
Boeke en produkte uitgekies vir JOU!
KOOP NOU
KOOP NOU
KOOP NOU
 
Vier die maand van liefde saam met Koos en Nonnie!
NUUTSTE NUUS EN GEBEURE

Wes-Transvaal - die hartklop van die Boereoorlogstryd

Sowat 'n dag nadat oorlog op 11 Oktober 1899 tussen die twee Boererepublieke (die ZAR en die Oranje-Vrystaat) en die magtige Brittanje verklaar is, klap die eerste skote van 'n stryd wat uiteindelik meer as drie jaar sou neem om sy bittere einde te bereik. Teen omstreeks kwart voor elf die aand van 12 Oktober skiet die Wes-Transvaler veldkornet J.C. (Hansie) Coetzee die eerste skoot van die Anglo-Boereoorlog. Dié eerste konfliksituasie het by Kraaipan, tussen Mafeking en Vryburg, in die hartjie van die "wilde weste" plaasgevind. Vir die res van die oorlog sou dié geharde landskap en sy ewe geharde burgers getuienis lewer van die grootste én opspraakwekkendste veldslae, verwoesting, oorwinnings en nederlae.
 
LEES VERDER

Erwe van ons vaad're-reeks: Moenie hierdie geleentheid laat verbygaan nie!

Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 is die sewende en laaste boek in Kraal Uitgewers se gewilde Die erwe van ons Vaad're-reeks. Is daar dalk titels in dié reeks wat jy voorheen misgeloop het of nog bloot kortkom? Dan is dit nou die kans om jou stel van hierdie waardevolle geskiedenisreeks aan te vul. Kies een van die volgende pakkette teen 'n winskoopprys.
 
LEES VERDER

Moedertaal en melktert

Min dinge sê "lekkerrrr" soos Afrikaans en melktert! Daarom kan Kraal Uitgewers-ondersteuners hulle regmaak vir dubbeldoorvieringe gedurende Februarie. Vanaf 21 Februarie skop die partytjie af met die viering van Internasionale Moedertaaldag en eindig op 27 Februarie wanneer die wonder van die allerlekkerste lekkerny op Nasionale Melktertdag gevier word. Gedurende dié week (21 tot 27 Februarie 2018) sal spesiale aanbiedings geld op verskeie boeke en produkte wat Afrikaans en Suid-Afrikaanse kookkuns (en natuurlik melktert) vier. Klik hier vir meer inligting oor dié aanbiedings.

Jou Kraal-liefdesgids: So maklik soos 1-2-3

Dit is Februarie en liefde is in die lug. Daar kruip dalk nie 'n Don Juan, Romeo of Juliet in jou weg nie. Daarom maak Kraal Uitgewers hierdie jaar seker dat die liefde so maklik soos 1-2-3 loop!
 
LEES VERDER
Nuwe Grensoorlogpublikasie wys ALLES!

Skrywer Louis Lubbe volg sy uiters gewilde Grensoorlogpublikasie Van Ovamboland tot Masjonaland, waarin die betrokkenheid van die Suid-Afrikaanse Polisie in dié oorlog onder die loep kom, nou op met nog 'n indrukwekkende publikasie oor die oorloë waaroor niemand wil praat nie. Die fotoboek From Cunene to Cabo Delgado bevat nagenoeg 500 foto's. Elke aspek van die oorloë wat oor 'n tydperk van 28 jaar in Suidwes-Afrika, Angola, Rhodesië en Mosambiek gewoed het, word op 'n treffende en soms selfs skokkende wyse ten toon gestel.
 
LEES VERDER
BLY IN AANRAKING
Telefoonnommer:  012 880 1953
E-posadres: kraal@kraaluitgewers.co.za
Webblad: www.kraaluitgewers.co.za
Kopiereg ©  2017 Kraal Uitgewers, Alle Regte Voorbehou.

Wil jy enige verstellings maak aan die manier waarop jy hierdie e-pos ontvang?
Jy kan ou voorkeure opdateer of van die nuusbrief uitteken

Kraal Uitgewers - Posbus 11760, Centurion, Pretoria, 0046