Copy
Kraal Uitgewers-nuusbrief - April 2018
Facebook
Email
YouTube
Boeke en produkte uitgekies vir JOU!
PRYS: VANAF R490
KOOP NOU
PRYS: R150
KOOP NOU
PRYS: R130
KOOP NOU
NUUTSTE NUUS EN GEBEURE
Daniel Hugo bewys die wonder van digkuns met vers en kapittel

kapittel s.nw. [meervoud: -s]
iets met vers en kapittel bewys

Om iets met vers en kapittel te bewys, dui op die noukeurigheid van die bewys. Die woord “kapittel” kom uit ou Nederlands en het veral op ’n hoofstuk in die Bybel gewys. As iets dus met vers én kapittel te bewys is, kon die presiese vers en hoofstuk vir die argument aangehaal word – hierdie kuns het die skrywer, digter, vertaler en radio-omroeper Daniel Hugo vervolmaak.
 
LEES VERDER
Boekgesprek: Die oorlog aan die grens

Kraal Uitgewers bied op 11 April 2018 ’n boekgesprek in Centurion aan waartydens die skrywers dr. Leopold Scholtz en Louis Lubbe die hoogte- en laagtepunte van die Grensoorlog gaan laat herleef. Die gesprek sal fokus op hul nuutste publikasies, onderskeidelik Ratels aan die Lomba: Die storie van Charlie-eskadron en From Cunene to Cabo Delgado. Klik hier vir meer inligting of om bywoning vir die gesprek te bevestig.
 
LEES VERDER
Lokprent: Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902
Anglo-Boereoorlog: Die geveg by Wildfontein, die Britte en die dowe “Eenarm” Van Gass

Die dowe Boerekryger N.W. van Gass is ná die geveg by Wildfontein (24 Maart 1901) tydens die Anglo-Boereoorlog in die Wes-Transvaal gevange geneem. Hy is daarvan aangekla dat hy ná die geveg aanhou skiet het. Hy is deur die Britse krygshof onskuldig bevind op dié aanklag omdat hy nie kon hoor dat die geveg verby is nie. Boonop het hy ook net een arm gehad. Van Gass was egter diep beledig en het daarop aangedring om ’n geweer te kry sodat hy die krygshof kon wys dat hy tog met net een arm kán skiet! Lees meer oor Van Gass en ander ligter oomblikke van die oorlog in Wes-Transvaal: Militêre brandpunt van die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902.
 
LEES VERDER
Idio-bordspel: Die speel-speel (en lekker lag) idiome-bordspel

Skud jou vere reg, ruk ’n haas uit die hoed en slyp jou tande vir die stryd. Watter stryd? Die prettige, jolige bordspel Idio natuurlik! Hierdie bordspel is geskik vir die hele gesin, vriende en selfs skoolgroepe. Dit gee kleur (en pret) aan Afrikaans se mooiste en vreemdste idiome. Pak jou vernuftige tekentalent, algemene (idoom-)kennis én stomstreektegnieke in vir dié bordspel, want jy gaan dit nodig kry.
 
LEES VERDER
Familiegeskiedenis: Vergeet om te vergeet, onthou om te onthou

“Ouma het altyd vertel …” Hoeveel keer het ’n verhaal uit die familie se verlede nie al so begin nie? En tog, al het jy dié staaltjie al male sonder tal gehoor én vertel, loop die feite soms by die agterdeur uit wanneer die jare by die voordeur aanklop. Gesinne, families, vriende en kennisse se lewens is net so deel van ’n geskiedenis as die opspraakwekkende gebeure van die tyd. Dikwels ken ons die feite van noemenswaardige insidente uit die verlede – dink maar aan die Groot Trek of die Anglo-Boereoorlog – maar ons eie familie se verhale raak in vergetelheid.
 
LEES VERDER
Madge: Een familie se kleurvolle verhaal

Die verhaal van ’n dogtertjie, Maria Magdalena (oftewel Madge), wat in 1900 op ’n Karoo-plaas buite De Rust gebore is en saam met haar ouers en vyf susters grootgeword het, is vir die Wilson-familie meer as net ’n eenvoudige kinderboek. Madge is geskryf en geïllustreer deur Madge se dogter, Anne Wilson, en bevat unieke kultuurhistoriese besonderhede oor haar ma se geboorteplek, grootwordjare, skooldae en hulle lewe op die plaas.
 
LEES VERDER
BLY IN AANRAKING
Telefoonnommer:  012 880 1953
E-posadres: kraal@kraaluitgewers.co.za
Webblad: www.kraaluitgewers.co.za
Kopiereg ©  2018 Kraal Uitgewers, Alle Regte Voorbehou.

Wil jy enige verstellings maak aan die manier waarop jy hierdie e-pos ontvang?
Jy kan ou voorkeure opdateer of van die nuusbrief uitteken

Kraal Uitgewers - Posbus 11760, Centurion, Pretoria, 0046