Copy
KOUE BOKKEVELD OPLEIDINGSENTRUM

VOORSPOED IN UITDAGENDE TYE


Ons almal besef weereens dat die afgelope maand en 'n half redelik uitdagend was. Nié net is hierdie elke jaar 'n besige tyd vir ons produsente en die plukspanne nie, die tweede vlaag Covid-19 infeksies het die meerderheid mense in ons gemeenskap direk of indirek begin raak. Ons dink met meegevoel aan elkeen wat 'n geliefde verloor het.

In hierdie uitdagende tye wil ons die jaar afskop deur ons lede en al ons studente 'n voorspoedige 2021 toe te wens - ten spyte van die uitdagings. Koue Bokkeveld Opleidingsentrum glo dat voorspoed en seëninge ook in moeilike tye moontlik is. As ondersteunende speler vir die landboubedryf in die Witzenbergstreek sal ons aanhou om reg te staan om ons dienste aan te bied. Lees gerus hieronder hoe die gemeenskapsontwikkelingspan steeds hul take kan aanpak terwyl die agri-werkers se veiligheid verseker word.

Sterkte vir die tyd wat voorlê. Mag die oestyd so voorspoedig moontlik afloop.

Die KBOS-span

ONS VIER ONS LANDBOU-LEERLINGSKAPPE

Op die 8ste Desember 2020 het Koue Bokkeveld Opleidingsentrum die sertifikate vir ons NQF1 en NQF4 Landbou-leerlingskappe van 2018/2019 tydens 'n funksie oorhandig. 

Ons was bevoorreg om vir Christo van der Rheede, die uitvoerende direkteur van AgriSA, en Pierre Vercueil, die president van AgriSA, teenwoordig te hê. 

Christo se toespraak was inspirerend en die woorde aangebied deur Heinie du Toit (voorsitter van Agri Wes-Kaap) het die studente verder gemotiveer. Die studente kon ook self hul ervarings met die gehoor deel.
Ons wil weereens baie geluk sê aan elke NQF-1 en NQF-4 student vir hul harde werk en toewyding, asook ons dank aan alle bestuurders van die plase wat by die geleentheid teenwoordig was, betuig.

SKRYF NOU IN VIR 1,2,3 WORK LANDBOU-JEUGPROGRAM

Die inskrywingsdatum vir hierdie program sluit die 19de Februarie 2020 en ons moedig u aan om aan gematrikuleerde studente wat nie in 2021 by 'n tersiêre instansie ingeskryf is nie,  die geleentheid te bied om meer teoretiese en praktiese landboukennis en -vaardighede op te doen.

Persone sal opleiding ontvang deur middel van 'n vaardigheidsprogram wat vanaf Maart tot November aangebied word.

Studente word in betekenisvolle werk aangewend en verkry werksplekkennis en -vaardighede. In hierdie periode toon hulle ook persoonlike ontwikkeling en groei.

Vir studente is daar baie voordele:
  • Jy doen waardevolle werkservaring op
  • Jy verken 'n loopbaan
  • Dit is 'n voorsprong in die arbeidsmark
  • Studente ontvang finansiële vergoeding en kry selfvertroue in die werkplek
Die voordele vir die werkgewer is as volg:
  • Daar is bemagtigingsvoordele
  • ETI-belasting voordele
  • Die program lewer beter opgeleide werknemers ná afloop van die kursus wat in diens geneem kan word.
Van die teoretiese modules wat ingesluit word, is: gewasproduksie en omgewing; tegnologie; uitdun van vrugte; grondvoorbereiding; voeselveiligheid; versorging van jong bome en vele meer.

Kontak vandag nog vir Michelle by michelle@kbos.co.za of kliek die onderstaande skakel om meer inligting of die inskrywingsvorm te bekom. Koste beloop R5 700 per student.
KONTAK ONS

TUINBOU-KOMPETISIE WENNERS OP UITSTAPPIE

Die tuinbou-kompetisie wenners van 2019 en 2020 is net voor Kersfees na Tulbagh Kwekery en Vin Doux. By laasgenoemde is 'n baie interessante groentetuin met ‘n verstommende verskeidenheid groente. Hier het ons met die tuinier, Tom, gesels. 

Dit was wonderlik om jongmense te sien wat hulle tuine so geniet. Dit is ‘n sinvolle “lockdown”-stokperdjie, is 'n geldelike- en gesondheidsaanwins vir die gesin en wonderlik vir die siel van die tuinier! Tom het vertel dat hy deel van 'n groep tuiniers is wat informeel bymekaarkom en idees en saad uitruil. Dit is 'n oulike idee wat ons verder sal ondersoek.

BELANGRIKE NUUSBROKKIES

  • Besprekings van al ons kursusse kan reeds op ons nuwe webtuiste gedoen word en moet asseblief voor einde Maart afgehandel wees. Ons sal ons lede inlig indien datums moet verander of geskuif word as gevolg van Covid-19. Enige ander navrae kan met Euria bespreek word by euria@kbos.co.za of skakel die kantoor by +27 23 317 0983.
  • Ons bied weer die Covid-kursus aan om werknemers te help met kennis oor die virus en hoe om jouself te beskerm. Dit word deur teen R460 + vervoer per groep op die plaas aangebied. Kontak ons as u belangstel. Die kursus duur 60 minute vir Afrikaanse groepe en 75 minute as daar 'n tolk by is vir Xhosa-sprekende studente.
  • KBOS is nou ook op LinkedIn. Kyk gerus hier.

GOB ONDERSTEUNING

Dit is natuurlik nou baie moelik om projekte met groot getalle mense aan te bied.

Baie van ons gemeenskapslede se stresvlakke is egter wel nou baie hoog, soveel so dat hulle ondersteuning en hul medemense nodig het. Ons probeer dus soveel moontlik om met briewe, WhatsApp en Facebook by hulle uit te kom as deel van die gemeenskapsontwikkeling-span se werk. 

Ons gaan probeer om die inligting van die opleidingsessie wat by die gekanselleerde kamp sou plaasvind, met Zoomsessies vir die GOB's oor te dra. Ons gaan ook die talentkompetisie op WhatsApp aanpak.

Edna het verlede jaar vir Landi geleer om op 'n eenvoudige manier 'n ondersteuningsgroep aan te bied. Dit sou baie sin maak om gesinne/spanne op 'n plaas wat sleg deur die pandemie getref is, die geleentheid te gee om so iets te doen. 

Gewoonlik is die sessies so 1,5 uur lank en Landi kan tot vyf keer kom. Daar is ook heelwat mense wat noodgedwonge drank gelos het en deur hierdie tipe ondersteuningsinset dalk nugter kon bly. Kontak gerus vir Landi deur hieronder te kliek.
KONTAK ONS

JEUGPROGRAM VIER DIE JAAR MET 'N AFSLUITING

Die afsluiting het die 18de Desember by Kleinvlei plaasgevind.
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.