Copy

Nuusbrief: 8 Mei 2020

As bid seer word
In ons valley het ons ‘n pad wat al langs die rivier afloop. Toe ek dit die eerste keer gery het, kon ek nie anders as om hardop te sê nie: "Hier is Psalm 23 geskryf!" Hierdie pad — The Valley of the Sleeping Beauty — het ook nog afdraaipaaie, en soos julle ons leer ken het, is ek en my man lief daarvoor om daardie paaie te ry waarvoor min mense kans sien om te ry.
 
So ry ons weer deur hierdie bekende valley. Dit is mooi, maar my hart kry dit net nie reg om die waarde daarvan op te drink nie. Ons ry toe met een van daardie afdraaipaaie al hoër op waar die bang amper kom van: "Gaan ons nie gly nie?!" En hoog hou ons stil ... Gewoonlik sou ek eerste my veiligheidsgordel losmaak om te gaan kyk, maar my vingers het om die gordel geklem ek wou nie uitklim nie, maar tog het ek.
 
Die konstruksiewerk is nog nie heeltemal voltooi nie, en in daardie harde gruisklip het ek op my knieë gegaan en gevoel hoe die gruisklip deur my knieë sny. En toe gebeur dit — ’n encountering met die Goeie Herder waaroor Psalm 23 gaan. Hierdie sagte Wind wat op my kom rus — tasbaar op my gesig — en ek voel hoe seer gebed wel kan word: "HERE, EK IS OP!"
 
Ek is seer oor mense naby aan my wat skei; wat kinders van U is ... Ek is seer vir mense se finansies ... Ek is seer vir close mense wat by babagrafte moet staan ... Ek is verward oor foto’s van geliefdes in hospitaalbeddens ... Ekself is nog besig om te herstel, ek verlang na my mense, ek verlang myself stukkend na my beautiful dogters ... My gevoel opgesom — ek is OP!
 
Ek is OP vir mense wat deur hierdie virus se vrees verwurg … Ek voel vasgemessel soos die kerkdeure wat toe is. En ek erken die frustrasie in my is so baie dat ek kan identifiseer met die dinamiet wat hierdie klippe moes wegskiet soos in ‘n aardbewing. Die vuur in my brand soos hulle hier die natuur moes wegbrand om hierdie pad te maak in ‘n stadium.
 
Ek begin klippe bo-op mekaar pak soos 'n altaar en elke klip wat ek opgetel het, was 'n gebed. ‘n Gebed van: "Here, ek weet nie, maar hier GEE EK DIT AF; HIER LOS EK DIT NOU VANDAG ..." My altaartjie het ‘n hoop klippe geword ek het geen olie gehad om oor dit te giet as ‘n baken nie, maar die salwing van Hom was oorgenoeg olie op daardie oomblik. Ek het bewus geword van hoe langer ek op my knieë staan, hoe moeiliker het dit geword, hoe seerder het dit geword, en ek weet in my swakheid hoe groot my Here is. Weet jy, toe hulle die pad deur hierdie heuwels gebou het, het my Vader geweet daar gaan ‘n hopie klippe gepak word deur Sy dogter wat met stukkende knieë vanaf Sy ontmoetingsplek gaan opstaan?
 
En vir seker kan ek getuig, nee, jou vertel, van ‘n encountering met Die Here in ‘n sagte wind en werklike koelte oor jou.
 
Het ek maar geweet wat daardie oggend op my wag. Het ons maar geweet Hy antwoord nie soos ons dink nie. Ons soek die movement — die vuur of aardbewings. Hy antwoord in Sy geaardheid, en jy sal Hom hoor op die afdraaipaaie waar jy jou knieë stukkend bid en waar jy klippe begin pak van "ek is op".
 
Ek het daar opgestaan en my knieë afgestof, maar die Wind van Sy Gees het my wange droog gewaai, en ek HOEF DIT NIE MEER TE GEDRA HET NIE. Dit is nie my sondeskuld, my seer of my bekommernisse wat ek daar gelos het nie ...
 
En Hy sê: Gaan uit en staan op die berg voor die aangesig van die HERE. En kyk, die HERE het verbygegaan, terwyl ‘n groot en sterk wind die berge skeur en die rotse verbreek voor die HERE uit; in die wind was die HERE nie. En ná die wind ‘n aardbewing; in die aardbewing was die HERE nie. En ná die aardbewing ‘n vuur; in die vuur was die HERE nie. En ná die vuur die gesuis van ‘n sagte koelte. (1 Konings 19:11-12)
 
En in die dae het Die Heilige Gees my drie dinge geleer in gebed. Net drie, en wanneer ons dit bid, sal Hy Wie Die goeie Herder is antwoord en sal jy deur die sagte koeltestem verfris word ...
 
Ek deel met julle in die volgende weke wat kom wat hierdie drie dinge is.
 
Hierdie is NOG STEEDS die jaar van die GUNS VAN DIE HERE! By Hom is daar geen lockdowns en geen pandemies nie!

 
Lees asseblief Hosanna se "lockdown"-aanpassings. Klik hier.
Vang op met die aanlyn saamtrek se gebeure op Facebook!
Subscribe en volg vir dr. Leonie op:
Facebook-blad
Webwerf
YouTube-Preke
Instagram






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Hosanna Produksies · Humphry Simes crescent · Pentagon Park · Bloemfontein, Fs B-9300 · South Africa

Email Marketing Powered by Mailchimp