Copy

Nuusbrief: 1 Mei 2020

Merk jy al die nuwe?
Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? (Jesaja 43:19)
 
Wanneer ons hierdie Skrif lees, word ons sommer opgewonde in ons vlees! Ons kry sommer so 'n hoendervleisie. Yes! Hier kom die nuwe — nuwe werk, minder effort, maar 'n groter salaris; nuwe huis, nuwe kar, nuwe man, nuwe vrou, maar nuut sien ons nuut en juig ons daaroor! Nuwe bediening, solank die verandering wat kom net blinker en geriefliker gaan wees as wat ek nou het ...
 
Vir nie een oomblik dink ek dat God hierdie nuwe Covid-19-koronavirus gestuur het om te straf nie. Jesus het ons straf gedra en wanneer Jesus nie meer vir wie verlore gaan kan intree nie, sal God weer straf — hierdie keer om die parskuip te kom trap van Sy grimmigheid.
 
So die pandemie was nie God se wil nie, maar in Sy toelaatbare wil, want ons as mens doen menslike dinge en dan tref dit ons soos wat ons die vyand toelaat in ons lewe. GOD IS GOOD AL THE TIME AND ALL THE TIME GOD IS GOOD.
 
Baie keer as ek bid dink ek daaraan: in die Profetiese Woord het ek gesien dat ons almal 'n Woord gaan kry van God af — 'n "alleen-Woord" ... Ek is daardeur; so glo ek ook miljoene ander het dalk in tye van frustrasie besef dat al het ek twee voertuie, kan ek nie ry waar ek wil nie. Al het ek die beste drafskoene, kan ek nêrens heen draf nie. Kinders wat naby bly is met 'n lockdown skielik ver van my af. Daar is hoeveel plekke waar jy dinge kan koop, maar die "Sorry, we are closed"-bordjie laat jou omdraai.
 
Ons het gebak en gebrou en nostalgies teruggedink. Ons het kinderherinneringe gehad van reuke in ons grootwordhuis en weer nuut was daardie reuke in ons kombuise. Ons het onsself opnuut ontdek en miskien agter gekom hoeveel ongeduld daar werklik in ons is. Ons het opnuut na mekaar begin kyk. Ons het nuwe vergifnistye gekry. Stofopgegaarde Bybels is weer oopgemaak en ons het die nuwe raak gelees. Nuwe WhatsApp-groepies is gestig waar meer Skrif as ooit gestuur is.
 
Gaan kyk hoeveel nuut het in hierdie tyd gekom waar ons soms gevoel het hierdie lockdown-tyd maak ons oud.
 
Wat ek baie sterk ervaar het, is dat Jesus se koms naby is. Ek koppel geen tyd of datum daaraan nie, want nie eers Jesus of die engele weet wanneer God Sy kinders sal laat haal nie. Daar is vir jou nuwe tyd gegee saam met jou intieme gesin — nuwe tyd, want in die ou tyd van julle gesinslewe sou daar net geen tyd vir mekaar gewees het nie.
 
Ja, die NUWE HET GEKOM, maar nie soos ons gedink het nie. Nuut het ons geleer met hoe min ons klaar kan kom; nuut ons geleer hoe afhanklik ons werklik van God is.
 
GOD HET VIR ONS NUWE TYD KOM MAAK!
 
Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak 'n pad in die woestyn, riviere in die wildernis. (Jesaja 43:19)
 
Behold, I will do a new thing; now it shall spring forth; shall ye not know it? I will even make a way in the wilderness, and rivers in the desert. (Isaiah 43:19)
 
Sy KOMS is naby — REEDS nou begin nuwe riviere ontspring in die wildernis. Ons kan maar opnuut ons knie voor HOM BUIG. BUITEN HOM IS DAAR GEEN GOD NIE!
 
THIS IS THE YEAR OF THE FAVOUR OF THE LORD — A NEW FAVOUR!      
Lees asseblief Hosanna se "lockdown"-aanpassings. Klik hier.
Vang op met die aanlyn saamtrek se gebeure op Facebook!
Subscribe en volg vir dr. Leonie op:
Facebook-blad
Webwerf
YouTube-Preke
Instagram






This email was sent to <<Email Address>>
why did I get this?    unsubscribe from this list    update subscription preferences
Hosanna Produksies · Humphry Simes crescent · Pentagon Park · Bloemfontein, Fs B-9300 · South Africa

Email Marketing Powered by Mailchimp