Copy
RHK Nuusbrief 3                                                                              28 Julie 2017

Deur voetspore verkondig ons Sy boodskap

Rom 10:14 - 15 "Maar hoe kan 'n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Daar staan ook geskrywe:- Hoe wonderlik klink die voetstappe van die wat die goeie boodskap verkondig?"

Hierdie twee verse uit Romeine kan my nie anders as aan ons voortrekkers laat dink nie. Nie net het ons pret en avontuur nie, maar ons is ook kinders van God. Ons glo aan 'n liefdevolle Vader wat sy liefde en bevryding aan almal gee wat glo. Laat ons wanneer ons voortrekker spore nalaat, dit weerklink van God se boodskap!  

IN HIERDIE UITGAWE

1. Kwartaal 2 - Afsluiting

2. Die Voortrekkers se 23ste Kongres

3. HOU KOERS NUUS

4. DAGBOEK: 
  • 26 Julie - Kwartaal 3 Opening & Spanvergadering
  • 8 Augustus - Rooihuiskraal Nagmars saam met Sesmylspruit
  • 9 Augustus - Openbare Vakansiedag - Vrouedag - Geen spanvergadering
  • 8 September - Museum Oorslaap aangebied deur Sytze Wierda
5. Volg ons op Facebook

Woensdag 28 Junie 2017 - Kwartaal 2 Afsluiting

Die kwartaal afsluiting was ‘n groot sukses. Elkeen het ‘n blik met ‘n kers ontvang wat die lig van Jesus voorstel. Hulle het geleer dat ‘n Voortrekker so moet lewe, dat hierdie liggie van Jesus binne ons, na buite moet straal na ander maatjies toe, sodat hul kan sien hoe mooi en hoe lekker dit is om kinders van God te wees.

Daar was malvalekkers gebraai oor die kerse en heerlike vetkoek en maalvleis was ook op die spyskaart.

Die Voortrekkers se 23ste Kongres 

Die Voortrekkers het hul 23ste kongres by Grey College in Bloemfontein gehou. Nuwe gebiedsdagbestuur (GBD) is gekies en groot geskiedenis was gemaak deur die inhuldiging van die GBD op Onze Rust te hou.

Onze Rust is oud-president M.T. Steyn se plaas net buite Bloemfontein. Die inhuldigingseremonie het plaasgevind onder die ou olienhuitboom, bekend as die Boom van Sameswering.

Vir die eerste keer sedert 1933 het ‘n inhuldigingseremonie hier plaasgevind.

Danie Langner is ook weer verkies as hoofleier vir sy 2de termyn en sy toekomsvisie vir Die Voortrekkers lê sterk klem op gesinne. Hy sê: "“Die belangrikste span in Die Voortrekkers is die gesin. Dit behoort ’n plek te wees waar almal welkom en tuis is."
Kliek hier vir die volledige artikel.

HOU KOERS NUUS
Regstreeks vanuit Bloemfontein  #Kongres2017 #VoortrekkersKAN

  • Die Voortrekkers trap nuwe spore met rekordgroeigetalle van die Caprivi tot Kaappunt – wat almal, insluitend Die Voortrekkers, behoorlik aan die gons het.
  • ’n Rekord aantal Voortrekkerpublikasies – waaronder geskiedenisboeke, ’n Voortrekkersangbundel, jaarblaaie, ’n Speletjiesboek, kreatiewe selfdoen- hulpmiddels vir spanne en ’n eie kookboek vir ’n organisasie wat die Afrikaanse kultuur behoorlik laat kook.
  • EN: moderne leierskapsprogramme, veld-, see-, water- en woestynkampe, kentekens en gemeenskapsprojekte waarmee Die Voortrekkers hulle jeuglede toerus met top vaardighede.
DAGBOEK

26 Julie 2017 - Kwartaal 3 Opening

Nuwe Voortrekker Sangbundels was uitgedeel aan elke lid en ons het die kwartaal ge-open met heerlike samesang. 

Die nuwe Sporelied is ook in die sangbundel en vir die eerste keer het die liedere kitaardrukke by.

Dinsdag 8 Augustus 2017 - Nagmars

Rooihuiskraal Kommando gaan nagmars saam met Sesmylspruit!

Merk julle dagboeke, verdere inligting sal binnekort uitgegee word.


 

Woensdag 9 Augustus 2017 - Nasionale Vrouedag

Geen spanvergadering weens nasionale vakansiedag. 

Vrouedag in Suid-Afrika bring hulde aan ons nasie se vroue wat die stryd teen die Apartheid-regering help voer het.

Ons vier sedert 1994 Vrouedag, waar ons 'n optog van 1956 deur lede van die Federasie van Suid-Afrikaanse Vroue herdenk. Daar het ongeveer 20 000 vroue buite die Uniegebou in Pretoria opgedaag om petisies in te handig.

Hierdie optog op 9 Augustus 1956 was 'n inspirerende vertoning van politieke mag en is 'n herinnering aan vroue wat ons land help vorm het en die vroue wat vandag steeds ons land na hoër hoogtes lei.

Foto verkry van historyza blog

Vrydag 8 September 2017 - Museum Oorslaap

Sytze Wierda kommando nooi alle Penkoppe en Drawwertjies uit om 'n nag in 'n museum te ervaar.

Die museum oorslaap is vir alle laerskool en Gr.0 Voortrekkers. Ouers is ook welkom.

Ons versoek dat die wat belangstel ons asseblief voor Dinsdag 1 Augustus sal laat weet via Rooihuiskraal se whatsapp groep of per epos by info@rooihuiskraal.org.za sodat ons solank voorlopige getalle kan kry, aangesien ons 'n minumum van 30 moet wees. Verdere inligting en vorms sal binnekort op die webwerf beskikbaar gemaak word.

Plek: Ditsong Nasionale Museum van Kulturele Geskiedenis, 149 Visagie Straat, Pretoria
Tyd: Vrydag 18:00 tot Saterdag 09:00
Kostes: R120 per persoon 

Onthou om aan te sluit op ons facebook-blad. Die blad se inligting is beskikbaar vir enigeen wat belangstel om by ons kommando aan te sluit. En te sien wat ons kommando bied. Deel die blad gerus met almal.

facebook : Rooihuiskraal Voortrekker Kommando

----------------------------------------------------------------------------------------

Daar is ook 'n geklose facebook groep waarby jul kan aansluit. Die groep is daar vir ouers en offisiere om met mekaar te kommunikeer en fotos en ingligting te deel. Slegs lede van die spesifieke groep kan al die "posts" sien.

facebook groep : Rooihuiskraal Voortrekker Kommando Groep (community)
Copyright © 2017 Die Voortrekkers - Rooihuiskraal, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list

Email Marketing Powered by Mailchimp